![]() ![]() Die teorie word toegepas om vas te stel of die eiename konsekwent in die doelteks oorgedra word of nie, met behulp van Venuti se strategieë vervreemding en domestikering. Eiename sluit byname, plekname, dorpsname, name van stede, persoonsname en streekname in. Die boeke is per hand deurgewerk om vas te stel hoe die eiename in die brontekste en in die ooreenstemmende doeltekste lyk. Dit word gedoen deur ’n teoretiese raamwerk daar te stel met behulp van Venuti (1995) se vertaalstrategieë vervreemding en domestikering, en Nord (1997) se funksionalistiese benadering. Die artikel is dus gemoeid daarmee om eiename wat in Feniks (1996), Infanta (2004) en 7 Dae (2011) voorkom en die Suid-Afrikaanse kultuur uitbeeld te ondersoek en vas te stel of dié uitbeelding na die Engelse vertalings van die boeke oorgedra word. Dit is derhalwe belangrik om vas te stel of hierdie eiename die kultuur in die doelteks deur middel van vertaling konsekwent oordra of nie. ’n Belangrike aspek van sy boeke is die eiename wat as kulturele merkers optree en die Suid-Afrikaanse kultuur in die Afrikaanse boeke uitbeeld. Sy boeke is intrinsiek Afrikaans en beeld die Suid-Afrikaanse werklikheid uit. The original publication is available at ĭeon Meyer is ’n bekende en bekroonde Suid-Afrikaanse speurverhaalskrywer. ![]() ![]() Die vertaling van eiename by Deon Meyer : 'n ondersoek na konsekwentheid. ![]()
0 Comments
Leave a Reply. |